Dinksaam Kafee – Pieter Duvenage
  • 27
  • 08

ʼn Filosofiese en letterkunde gesprekskafee

Dit is Van Wyk Louw gedenkjaar. Pieter Duvenage gesels met die digter Charl-Pierre Naudé hoe hedendaagse vorme van Van Wyk Louw se temas in sy (Naudé se) eie werk voorkom. 

 

 

 

Pieter Duvenage

Pieter Duvenage was dosent en professor in filosofie aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en twee Australiese universiteite met kampusse in Suid-Afrika. Hy is tans Dekaan in die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia, ʼn hoër onderwys instelling in Centurion, en professorale genoot in die Collingwood-sentrum aan die universiteit van Cardiff (VK). Hy is die skrywer en medeskrywer van ʼn aantal boeke en bykans 50 geakkrediteerde artikels in akademiese tydskrifte en hoofstukke in boeke. Sy laaste boek is Afrikaanse Filosofie. Perspektiewe en dialoë (SunPress, 2016). 

 

 

 

Charl-Pierre Naudé 

Charl-Pierre Naudé is ’n bekende digter, romansier, joernalis en akademiese navorser oor sake rakende die letterkunde. Hy doen ook tans ’n D. Phil op die werk van die 20ste-eeuse Duitse filosoof Hans Blumenberg oor die rol en onderskeid van denkmodusse soos mitewerking, teorie en kuns vir die menslike gees. Naudé is die skrywer van vier digbundels, waaronder Al die lieflike dade (2014) en ’n roman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey (2018). Sy werk is al meermale bekroon en onder meer in Duits en Nederlands vertaal, en sedert 2000 tree hy met tussenposes op internasionale verhoë as digter en skrywer op. 

 

 

 

Dinksaam Kafee

Vrydag 23 Oktober 16:00 – Kaartjies R50

 

Informasie & Besprekings

https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1503118615

theatre@foxwood.co.za

 

Daar sal ‘n aandete wees van 18:00 af.  Besprekings noodsaaklik!

Feesaanbod: ‘n Driegangmaal vir R180