Nerina – Sandra Prinsloo & Danie Stander
  • 29
  • 08

In ‘n tydperk van benouende engheid en kleindorpse waardes het Nerina Ferreira vir lesers in Afrikaans wêrelde ontsluit waarvan niemand tot toe nie eens gedroom het nie. Sy het die sosiale norme van haar tyd uitgedaag. In haar persoonlike lewe het sy haar tydgenote geskok en ontstel, en in haar werk het sy Afrikanerskap en vrou-wees ‘n nuwe dimensie gegee.

Haar passie vir taal het vir haar toegang gegee tot wêreldliteratuur wat vir die meeste Suid-Afrikaners ontoeganklik was: Italiaans, Frans, Skandinawiese tale, Turks, Farsi, Engels, Duits, Nederlands, dertien, veertien, miskien meer. Sy het dikwels gespot dat sy tale geleer om met haar talryke minnaars te kon kommunikeer, sommige van hulle in vlietende oomblikke van liefde oornag. Maar die waarheid was dat sy haar verset het teen die stereotipering van die ou nasionale konsep van Vrou en Moeder, voorbeeldig in diens van ander: “Ek sien haar wen, vir man en seun en broeder” (die digter Jan FE Cilliers). 

As aktrise het sy belangrike werk gelewer; as vetaler van die werk Shakespeare tot Georges Feydeau en Astrid Lindgren het Nerina haar lesers en gehore ‘n nuwe wye wêreld laat betree.

 

Kom luister hoe Sandra Prinsloo (as aktrise wat self nie ‘n kassie gedruk kan word nie) en Danie Stander (woordliefhebber en innoverende akademikus) haar werk beleef. 

 

Nerina Ferreira 4 Sept 1921 – 11 Junie 2012

 

Nerina

Vrydag 23 Oktober 20:00 – Kaartjies R120

 

Informasie & Besprekings

https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1503118615

theatre@foxwood.co.za

 

Daar sal ‘n aandete wees van 18:00 af.  Besprekings noodsaaklik!

Feesaanbod: ‘n Driegangmaal vir R180