HARTKLOP

KUNSTEKAAP 20 – 23 DESEMBER 2017

Gebaseer op ‘n ware verhaal soos vertel aan Jan Groenewald deur die hartchirurg Susan Vosloo.

Aan wie is jy getrou? Jou ouers? ’n Beminde? Wie kies jy as die keuse lê tussen lewe … en dood? Christo Davids en Nadia Valvekens, albei geliefde Suid-Afrikaanse akteurs, bring jare se ryk ondervinding na die uitdagende rolle wat hulle in Hartklop vertolk.

Christo, regisseur, en as akteur bekend as Errol in 7de Laan, is ‘n gesoute speler; Nadia Valvekens, ‘n ervare aktrise in films, televisiereekse en toneel, is soos Christo ‘n veelsydige bekroonde kunstenaar.

‘n Nuwe hart beteken ‘n hergeboorte. Daar kan geen groter opwinding bestaan nie as die oomblik wanneer die pasiënt die lewe weer deur sy are voel bruis dikwels ná jare van stadige aftakeling en oneindige uitputting en vermoeienis.

Dis ‘n ervaring wat vir min mense beskore is. Daar is min hartskenkers. ‘n Onvoorspelbare dood stel familielede op die oomblik van afsterwe aan soveel trauma bloot dat hule nie eens daaraan dink dat die organe van hulle geliefde vir iemand anders ‘n nuwe lewe kan gee nie.

Daar is geen groter spanning as om te wag op ‘n nuwe hart vir ‘n hartlyer nie – ‘n nuwe hart wat die verskil kan maak tussen die lewe … en die dood.

Herman le Roux is die pasiënt van die Suid-Afrikaanse hartchirurg dr. Susan Vosloo. Sy enigste kans op ‘n tweede lewe is ‘n nuwe hart. Saam wag hulle.  Gaan hy leef – of sterf? Sal hy betyds ‘n hart kry?

In Hartklop gebruik die skrywer Jan Groenewald die situasie waarin hartlyers hulle bevind  om die verhaal te vertel van Herman le Roux se dogter,  Jessica, gespeel deur Nadia Valvekens (bekend as een van die sterre in Binnelanders) en haar minnaar Daniel Cloete, gespeel deur Christo Davids (akteur en regisseur van Sewende Laan).

Saam werk hulle aan ‘n artikel oor hartoorplantings en Dr. Chris Barnard, wat die eerste hart in Louis Washkansky oorgeplant het. Wanneer die verhouding tussen die twee verdiep, moet hulle ‘n besluit maak wat die res van hulle lewens hulle sal bybly.

Pieter de Vos

Sel 083 288 9688