STORY

Die Akademie vir Dramakuns (die ADK) is in 1939 gestig. In dié tyd het die ADK ‘n enorme poel talent geskep wat die Suid-Afrikaanse film- en toneelwêreld gevoed het. Jan Groenewald (wat ‘n erelisensiaat vir sy bydraes van die ADK as akteur, regisseur en dramaturg ontvang het), het dié dokumentêre program geborg, vervaardig en geregisseer. ‘n Fassinerende stuk geskiedenis speel voor die oë van die kyker af in onderhoude en beeldmateriaal uit toeka se tyd.