Donker Spore is ’n reeks programme waarin Sandra Prinsloo en Jan Groenewald die gewelddadige spoor ondersoek wat moordenaars nalaat. Bekende gevalle word in detail as’t ware opgegrawe en weer gedissekteer met verbasende nuwe insigte en bevindinge. Die fokus in die reeks is ware verhale van ons tyd. Die titel is ontleen aan ’n speurroman van CJ Langenhoven wat in 1944 as ’n swart-en-wit-rolprent verfilm en landwyd met groot sukses vertoon is. Die werk van Jan en Sandra ontlok eweneens groot belangstelling en word vir dié rede hier aangebied.