STORY

Maandagoggend 19 Oktober 11 vm. Marí Hudson, bekende omroeper, joernalis en ‘dogter van die dorp’ Marí Hudson gesels op Kirkwood met dorpsleiers oor die uitdagings om die dorpie in die Sondagsriviervallei van plattelandse verval te red – en waarom hulle só geslaag is. Die Foxwoodfees word elke jaar vanuit Johannesburg aangebied. Nou met die hulp van digitale tegnologie, bied die fees ‘n gesprek aan in die Foxwoodteater, Johannesburg, direk van Kirkwood, tien uur se ry ver, in die Oos-Kaap, presies om 11 vm. Ontmoet Greg Jones en talle ander dorpsmense om uit te vind hoe hulle swak bestuur omseil en die dorp in die hart van dfie Oos-Kaapse sitrusstreek laat floreer. Woon die gesprek by in die Foxwoodteater. Toegang gratis. Of kyk daarna tuis. Die skakel is ……. vir dié afspraak met Marí Hudson en die mense van haar dorp, Kirkwood.