STORY

Ses karakters, ses ‘gewone’ mense navigeer hul lewens van dag tot dag. In elke lewe is daar heldhaftigheid, drama, ekstase, smart en troebel drama. Die werklikheid is ons teksskrywer: die voyeuristiese oog van die kamera volg ons ses rolspelers. Ontmoet ons ses karakters.

Marie Human: akteur en soeker. Sy is ʼn vrye gees wat weer wil tuishoort, soos op die verhoë van die Markteater toe sy jonger was. Sy loop terug op die spore van haar lewe, op soeke na betekenis en vryheid.

Angelique Pretorius: ’n beeldskone, talentvolle aktrise in wie se lewe liefde soms uit die pad gestamp word deur naakte ambisie. Haar lewenspad was nie sonder hartseer nie, maar sy het ’n droom: om Hollywood te oorrompel.
Carel-Pieter du Preez: het jonk reeds internasionale roem gesmaak as model, maar het te oud geword vir loopplanke en glanstydskrifte en moet homself nou op eie bodem heruitvind. Hy het ’n droom om ’n sakemagnaat te word en armoede te verlig.

Amber: gebore as Abraham, in uiterste armoede in ’n gemeenskap wat nie verstaan nie, het Amber, in rokkies, uitgewyk Weskus toe om haar droom te volg: sy wil gospel-sangeres word.

Erik Holm: bekend as Rian Malherbe in die sepie Binneland. Hy is ’n kwadrupleeg nadat hy sy nek in ’n fratsongeluk gebreek het, maar leef voluit en droom daarvan om weer te loop.
Melanie Gird Le Roux is gebore met ’n hartdefek. Na ’n hartoorplanting is sy gelukkig getroud, maar sy koester nog ’n droom: sy wil ’n kind hê. Sal hierdie droom ook bewaarheid word?

CAST & CREW
  • Hoofkarakters
    Angelique Pretorius/ Abraham/Amber Swartz/ Carel Pieter du Preez/ Erik Holm/ Marie Human/ Melanie Gird le Roux/ Nike Holm/ Quintin le Roux/ Simone Zandstra/ Tessa Denton/
  • Regisseurs
    Jan Groenewald/ Sandra Prinsloo/
  • Navorsing
    Jan Groenewald/ Sandra Prinsloo/ Mjôn van Blommestein/
  • Hoofkamera
    Hendrik Badenhorst/
  • Kamera
    Amelia Henning/ Tim Wege/ Jaco Cornelius/ Colin Taylor/ Georgia Court/ Grant Waterston/ Ian Miller/ Riaan Laubscher/ Ryley Olivier/
  • Klank
    Hendrik Badenhorst/ Amelia Henning/ Tim Wege/ Jaco Cornelius/ Christoff Beukes/ Eaton de Jongh/ Ganief Stellenboom/ Henua Marais/ Jeff Hodd/ Micky Wiswedel/ PC Luttig/
  • Produksie-koördineerder
    Mjôn van Blommestein/
  • Boekhouer
    Betsie Pretorius/
  • Tema Musiek
    DuPreez Strauss/
  • Stemkunstenaar
    Richard van der Westhuizen/
  • Teksskrywer
    Deborah Steinmair/
  • Redigering
    Izél Smuts/ André Oosthuizen/
  • Finale Meng
    SugaRushed/
  • Grafiese ontwerp
    Izél Smuts/ André Oosthuizen/
  • Vervaardiger
    Iza Trengove/
  • Uitvoerende Vervaardigers
    Jan Groenewald/ Sandra Prinsloo/
  • kykNET Bemarking en Publisiteit
    Jeanne de Wet/
  • Hoof van Produksie
    Christel Sampson/
  • Toesigvervaardiger
    Marida Swanepoel/
  • Hoof: M-Net Afrikaanse kanale
    Karen Meiring/